Chondriet

Sahara 97096, 'n klas E enstatiet-chondriet
Die Ornans-meteoriet; groep CO

Chondriete is meteoriete wat nie gedifferensieer is nie en hulle solêre samestelling -minus die vlugtige komponente- behou het.

'n Ouer definisie is dat dit meteoriete is wat chondrules bevat, korreltjies waarin die oermateriaal wat in die sterre gevorm is, gekondenseer het. Hierdie definisie is nogtans nie heeltemal korrek nie, omdat daar meteoriete is wat wel hulle oorspronkelike samestelling behou het, maar geen korrelige struktuur het nie. 'n Nog ouer indeling in steenagtige aeroliete, yster-nikkel-houdende sideriete en steenagtige ysters sideroliete is slegs van oppervlakkige waarde. Meteoriete word vandag veral in chondriete en achondriete ingedeel. In achondriete het die sterre se oorspronkelike stowwe veranderings (differensiasie) ondergaan. Hulle kan byvoorbeeld van Mars of die Maan stam. Uit chondriete kan die meeste inligting oor die vroeë sonnestelsel verkry word.[1]

Die chondriete self word in klasse, clans, groepe en subgroepe ingedeel, maar die klassifikasie in in 2018 steeds in ontwikkeling.

  1. Meteorites and the Early Solar System II Dante S. Lauretta, Harry Y. McSween University of Arizona Press, 2006, ISBN 0-8165-2562-5, ISBN 978-0-8165-2562-1

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search